Ontsnap van die Werklikheid
Sabi Sands, Kruger Nasionale Park

Hierdie kontemporêre Safari akkommodasie by die Lion Sands Wildreservaat is verfrissend met sy unieke en minimalistiese ontwerp.

Hoogtepunte

Kontemporêre argitektuur met organiese ontwerpe en verskillende teksture
Kunsgalery en luukse spa op die gronde
Pasgemaakte fynproewers kosse met vars seisoenale bestanddele
Wildbesigtigings en bos staptoere

Jou Ervaring

Dit is nie jou tipiese verblyf nie. Ivory Sands het middeleeuse argitektuur en skep ʼn area wat minimalisties, modern en nuwerwets is.
Jou verblyf by Lion Sands Ivory Lodge is ʼn visuele reis van begin tot einde. Soos jy deur die organiese spasie beweeg sal jy die elemente van grond, lug en lig voel.
Elke suite funksioneer as n luukse private villa met bonkige meubels en weelderige dekor. Die hoë vensters kyk uit op die Sabie rivier omdat die suite op ʼn verhewe posisie gelëe is.
Die houtdek is fantasties om jou joga op te doen terwyl die son opkom oor Afrika. Spandeer die aande knus voor die vuurherd of as die weer dit toelaat duik in die plonspoel op jou private dek in die aand onder die stêrre.
Aktiwiteite soos wildritte en staptoere, besoeke aan die kunsgalery, die gimnasium of die Africology spa word aanbeveel. Al jou eet vereistes word in ag geneem, en jy is meer as welkom om jou kinders onder 10 jaar saam te bring.