Ongeëwenaarde Panorama - Aktiwiteite
Sabi Sands, Kruger Nasionale Park

Wildritte en ’n stapsafari in die Sabi Sand Wildreservaat geniet voorrang bo die meeste ander aktiwiteite.

Wildbesigtigings

Geen twee wildritte is ooit dieselfde nie. Daar is twee daaglikse wildritte by Ulusaba wat elk omtrent drie ure duur, een vroegoggend en een laatmiddag. Kyk uit vir die Groot 5 asook ander wild soos kameelperde, sebras en seekoeie wat in die gebied voorkom. Jy kan selfs kameratoerusting by hierdie luukse lodge huur of op ’n stapsafari met ’n veldwagter en spoorsnyer gaan. Dit is die ideale geleentheid om die kleiner wesens wat dikwels gedurende ’n wildrit gemis word te sien.

Aroma Boma Spa

Ontspan na die opwinding van ’n wildrit met ’n spa-behandeling by die Aroma Boma Spa. Hierdie ultra-eksklusiewe lodge in die Sabi Sand Wildreservaat bied ’n hele reeks behandelings, van ’n gesig behandeling en massering tot die noodsaaklike versorging rituele.

Kindervriendelike Aktiwiteite

By Ulusaba Cliff Lodge kan kinders aan die Cub’s Club deelneem waar verskillende kindervriendelike aktiwiteite georganiseer word. ’n Rugsak met lekkernye help om die kinders besig te hou, maar die gewildste is die opvoedkundige safari saam met ’n veldwagter wat hulle wys hoe om diere op te spoor en in die bos te oorleef.

Liefdadigheidswerk

Die kulturele toer kyk na sommige van die liefdadigheidsprojekte en skemas waarby Ulusaba aktief betrokke is. Die gemeenskap toere en uitstappies word deur Pride ‘n Purpose, Ulusaba se liefdadigheidsorganisasie, gereël. Die basiese filosofie agter hierdie liefdadigheidswerk is om mense te bemagtig om hulself te help met volhoubare ontwikkeling. Al Pride ‘n Purpose se uitgawes word deur Ulusaba en Virgin Unite, die groep se entrepreneuriese fonds, gefinansier. Alle geld wat met die toere ingesamel word gaan na die plaaslike gemeenskappe.

Voldag Ekskursie

Dit is ’n volle dag op die beroemde Panorama Roete langs die Drakensberge-platorand. Hierdie toer behels besoeke aan die Victoriaanse dorp Pelgrimsrus, die berugte Robber’s Grave, Blyderivier poort, Die Drie Rondawels, God’s Window, Bourke’s Luck Potholes en Lisbon-waterval. Jy sal meer oor die natuurlike skoonheid van die gebied en die geskiedenis van die omgewing se eerste pioniers leer. Middagete word by die oorspronklike Harry’s Pancake in Graskop geniet waar pannekoeke en vars slaaie bedien word.