Ongeƫwenaarde Panorama
Sabi Sands, Kruger Nasionale Park

Hierdie ultra-eksklusiewe twee suite akkommodasie in besit van Richard Branson bied panoramiese uitsigte oor die Sabi Sand Wildreservaat.

Hoogtepunte

Slegs twee eksklusiewe suites
Panoramiese uitsig oor die laeveld
Oorgenoeg wildbesigtigings geleenthede

Jou Ervaring

Jy kan hier vergeet om jou persoonlike ruimte met groepe mense te deel. Hierdie ultra-eksklusiewe lodge bestaan uit slegs twee suites wat elkeen privaat of as ’n geheel bespreek kan word. Ulusaba Cliff Lodge is Sir Richard Branson se privaat wildreservaat en die uitstekende kliëntediens is ’n bewys daarvan.

Dit is geleë op ’n koppie in die Sabi Sand Wildreservaat. Ulusaba Cliff Lodge bied die perfekte uitkykpunt oor die Afrika-landskap. Dit is soos om in die hemel te bly, vandat jy onder die skoon blou lug wakker word tot wat jy onder die sterre aan die slaap raak. Hierdie ultra-eksklusiewe lodge bied alles en meer wanneer dit kom by jou pasmaak ervaring. Wildritte word twee keer per dag aangebied, sowel as ’n stap in die natuur.

Masseerterapie kan by die Aroma Boma Spa geniet word, asook daguitstappies, kulturele besoeke en wynproe. As al twee suites as ’n geheel bespreek word, het jy toegang tot jou eie privaat sjef, spoorsnyer-gidse en safarivoertuig. Jy kan selfs verkies om jou vrye tyd langs jou privaat swembad met ’n vrugte skemerkelkie, terwyl die kinders by die Cub’s Club vermaak word, te spandeer.