Geniet Rustige Luuksheid - Aktiwiteite
Sabi Sands, Kruger Nasionale Park

Chitwa Chitwa bied vroegoggend en laat middae wildbesigtigingsritte in ’n oop safari-voertuig wat deur professionele wildbewaarders en spoorsnyesr gelei word, aan.

Wildbesigtiging

Sabi Sands spog met van die beste luiperd habitat in Suider Afrika, en verskeie strome en riviere loop deur die reservaat. Gaste kan self besluit aan watter rit hulle wil deelneem, en dit vorm deel van die persoonlike safari-ervaring. In hierdie streek word gidse toegelaat om van die hoofroete af te dwaal en verseker sodoende nabye besigtigings van die wildlewe.

Die area is bekend vir sy menige Groot Vyf besigtigings, so wees op die uitkyk. ’n Alternatief is om teen die natuur se tempo te beweeg deur op ’n stap safari te gaan en die bos op ’n unieke wyse te leer ken.

Bos Etes

Maaltye kan in een van die lodge se twee bomas bedien word, asook op die restaurant se stoep wat oor die veld uitkyk. Gaste kan uit ’n verskeidenheid Afrika-geïnspireerde disse kies en daar is ook vegetariese opsies beskikbaar. Hierdie luukse lodge besit ook ’n ondergrondse wynkelder wat gaste ’n lieflike keuse van Suid-Afrikaanse en ingevoerde wyne bied.

Kulturele Dorpsuitstappie

Op hierdie 2-uur uitstappie kry gaste die geleentheid om Dixie, ’n klein dorpie naby die Sabi Sands-gebied te besoek. Chitwa Chitwa is direk by die opheffing van hierdie gemeenskap betrokke. Hierdie dorpie is ook die tuiste van die meeste van Chitwa Chitwa se personeel en die uitstappie bied aan gaste die geleentheid om die plaaslike mense se leefwyse eerstehands te ervaar.

Kinders by Chitwa Chitwa

Chitwa Chitwa is een van die weinige Sabi Sands luukse lodges waar kinders akkomodeer word. Kinders ouer as ses-jaar word toegelaat om aan die wildbesigtigingsritte deel te neem en storieboeke word op die kinders se bed geplaas in die aande voor hulle gaan slaap. ’n Eko-ervaringsprogram, wat daarop gemik is om jong gaste aan te moedig om meer oor die Afrika omgewing te leer, word ook by Chitwa Chitwa aangebied.