Geniet Rustige Luuksheid - Jou Verblyf
Sabi Sands, Kruger Nasionale Park

Elk van die privaat suites by Chitwa Chitwa is ruim en individueel versier, spa-behandelings word op die perseel aangebied en daar is ook toegang tot ’n daaglikse program waar gaste self kan kies aan watter aktiwiteite hulle wil deelneem.

Jou Kamer

Chitwa Chitwa bied ses suites, elkeen met ’n individuele ontwerp. Hierdie privaat suites sluit binne en buitestorte en ’n kaggel wat deur personeel aangesteek word. Ander geriewe sluit ’n bad, klein kroeg, eko-lugversorging, koffie geriewe en ’n i-Pod dokstasie in.

Elke suite kan ook twee ekstra beddends vir kinders jonger as 12-jaar akkomodeer. Die pragtige Charlsy Suites is twee afsonderlike suites, elk met ’n en-suite badkamer, waar ’n gemaklike aanlopende leefarea die twee verbind. Hierdie suites het ook ’n panoramiese uitsig op die meer en ’n privaat swembad.

Lodge Geriewe

Geniet ’n rustige middag by die lodge se swembad of ontspan by die spa met ’n behandeling van jou keuse. Daar is ’n ten volle toegeruste gimnasium asook ’n biblioteek met ’n groot verskeidenheid boeke. Uitstekende wildbesigtigings kan vanaf die gemeenskaplike sitkamer en eetkamer geniet word, waar daar ook toegang tot die internet is. Fotografie toerusting is beskikbaar om te huur.