Familie Wegbreek Geleentheid - Aktiwiteite
Sabi Sand, Kruger Nasionale Park

Uitstekende wildritte en ’n insiggewende stapsafari is aan die orde van die dag by Sabi Sabi Bush Lodge.

Wildbesigtigings

Opwindende wildritte in 4x4 safarivoertuie met sonsopkoms en sonsondergang en ’n staproete na ontbyt elke dag. Veldwagters en spoorsnyers sal jou op ’n begeleide safari vat waar selfs die mees gesoute safari ganger iets nuuts leer.

Amani Spa

Die spa bied ’n omvattende reeks skoonheid- en gesondheid behandelings teen die agtergrond van die bosveld, insluitende masserings, gesig behandelings, klassieke of luukse pedikure, manikure en vele meer. Amani Spa gebruik die Africology-reeks van vel- en liggaam anti-veroudering produkte wat geskik is vir alle veltipes.

Kinders op Safari

Die EleFun sentrum het ’n verskeidenheid opvoedkundige aktiwiteite vir kinders om te geniet terwyl hulle ouers op ’n wildbesigtiging ekskursie is.

Spesiale Geleenthede

Besigheid gaste kan ’n konferensie in die mees gemaklike omgewing hou en daarna onder die Afrika-son sit en ontspan. Troues kan op die dek wat oor die watergat en die eindelose vlaktes van die Sabi Sand Wildreservaat uitkyk of by ’n geheime plekkie in die bos plaasvind.

Ander Aktiwiteite

Kulturele toere na plaaslike gemeenskappe kan gereël word. ’n Gespesialiseerde wildlewe fotografie safari saam met internasionaal erkende kundiges is op aanvraag beskikbaar. Tema-aandetes kan vir groter groepe gereël word. Vier jou spesiale geleentheid met die eksklusiewe gebruik van die lodge en tradisionele sang en dans.