Familie Wegbreek Geleentheid
Sabi Sand, Kruger Nasionale Park

Hierdie Bush Lodge is die ideale familie wegbreek met ’n warm, vriendelike atmosfeer in die Kruger Nasionale Park.

Hoogtepunte

Twee swembaddens
Kinders van alle ouderdomme welkom
Toegang tot die EleFun sentrum se kinder fasiliteite
Rolstoelvriendelike fasiliteite

Jou Ervaring

Die Afrika wildernis is ’n wonderwêreld en Sabi Sabi Bush Lodge besit die deur se sleutel. Binne die Sabi Sand Wildreservaat is die wildkyk geleenthede volop. Daar is twee wildritte elke dag en ’n stapsafari na ontbyt. Is jy alleen, ’n paartjie of deel van ’n groep? Sabi Sabi Bush Lodge het ’n warm, vriendelike atmosfeer waar elkeen deel voel van die familie. Bring jou rolstoel as jy moet, want hierdie lodge is werklik rolstoelvriendelik.

Daar is 25 suites wat die lodge effe groter maak as die ander Sabi Sand akkommodasie, maar dit skep die gevoel van ’n gemeenskap. Soos die ou reis-aanhaling lui: “Happiness is only real when shared”. Die diens is vriendelik, die akkommodasie luuks en die kos vars, heerlik en baie.

Sabi Sabi Bush Lodge is een van die min lodges waar kinders van alle ouderdomme welkom is. Daar is selfs ’n spesiale program om die kinders besig te hou. Koel af in een van die twee swembaddens of sit en kyk vir die diere wat by die Msuthlu rivierbedding kom water drink. Wie het nou ’n TV nodig as jy dit het?