Besoekers se Keuse - Aktiwiteite
Sabi Sand, Kruger Nasionale Park

Die Sabi Sand omgewing is bekend vir sy Groot 5 populasie, maar die gereelde besigtiging van hiënas, seekoeie, krokodille, rooibokke, koedoes en kameelperde is ingesluit.

Wildritte

Wildritte by Dulini Leadwood Lodge is in 6 sitplek oop Land Rovers. Die personeel sal sorg dat jy met komberse en warmwaterbottels knus en warm gedurende die koue oggende bly. Die laatmiddag/vroegaand wildritte word onderbreek om ’n skemerkelkie en versnaperings te geniet terwyl die sonsondergang bewonder word. Die wildrit daarna bied die geleentheid om van die nagdiere soos sivetkatte, ystervarke, naguile, rooikatte en seekoeie wat snags uit die water kom om te eet te sien.

Stapsafari

’n Daaglikse stap deur die bos word deur die Dulini-veldgidse aangebied en dit bied jou die geleentheid om tydens hierdie eksklusiewe Afrika safari ervaring nader aan die natuur te kom.

Die spoorsnyer gidse sal hulle ongelooflike kennis van die omliggende bome en plante deel. Dit is ook die ideale geleentheid om voëls te kyk. Daar is oor die 300 verskillende voëlspesies in die Sabi Sand area en dit sluit die bloureier, bospatrys en bontvisvanger wat gereeld die watergate en poele van die Sandrivier besoek in.

Etes

Die wêreldklas kos en drank by Dulini Leadwood Lodge sal sorg dat jy nie honger ly of dors word nie. Alle etes is Afrika geïnspireerd, pragtig opgedien en kan met ’n bottel van die uitgebreide wyn versameling gepaar word.

Terwyl jy op die houtdek langs die rivier sit kan jy van ontbyt tot laatmiddag tee geniet. Jy het ook die keuse om jou aandete onder die sterre in die boma te eet. Paartjies kan die romanse aanhuts met heerlike kersligetes hier in die bos.