Outentieke Suid-Afrikaanse Safari
Sabi Sand Wildreservaat, Kruger Nasionale Park

Die intieme en familie-vriendelike Notten’s Bush Camp in Suid-Afrika bied aan gaste ’n outentieke safari ervaring.

Hoogtepunte

30 Jare se wildkyk ondervinding
Hoë konsentrasie Groot 5 en veral luiperds
Etes is ’n gedeelde ervaring

Jou Ervaring

Notten’s Bush Camp is geleë in die Sabi Sand Wildreservaat wat in die groter Kruger Nasionale Park is. Die verskeidenheid wild bied die perfekte geleentheid vir ’n outentieke safari ervaring. As jy na diere opsoek is, is Notten’s Bush Camp die beste plek om te bly. Welbekend vir sy voëls, luiperds en die res van die Groot 5 stap jy reg in die hartjie van die wildlewe in met die wildritte en stapsafari.

Daar is slegs 8 privaat suites wat ’n intieme en rustige safari ondervinding verseker. Die suites het groot glasvensters wat oopmaak op ’n houtdek met ’n uitsig oor die omringende bos terwyl paraffien lampe ’n betowerende atmosfeer snags skep. Etes is ’n sosiale affêre wat die beste in die opelug boma geniet word.

Vat ’n slukkie van Notten’s se spesiale voorraad Pimm’s No 1 terwyl jy weglê aan beesstert potjiekos, ’n Suid-Afrikaanse spesialiteit. Vegetariërs kan ’n verskeidenheid seisoenale groente disse verwag – maak seker dat jy die geroosterde “vine” tamaties proe. Vir die gholf entoesias is die Skukuza gholfbaan slegs 45 min ver.