Authentieke Suid-Afrikaanse Safari - Aktiwiteite
Sabi Sand Wildreservaat, Kruger Nasionale Park

By Notten’s Bush Camp word vroeë oggend- en aand wildritte word in oop Land Rovers met ervare gidse aangebied.

Wildritte

Gaste kan olifante, leeus, renosters, buffels, jagluiperds, kameelperde, sebras en ’n groot verskeidenheid bokke en ander spesies sien. Dit is ’n droom vir fotograwe en met meer as 500 voëlspesies wat in die wildreservaat gesien kan word, is voëlkykers in hulle element.

Daaglikse Stapsafari

Jou safari ervaring word voltooi met ’n stapsafari wat jou blootstel aan die lewe van die kleiner diertjies wat in die bos voorkom. ’n Kontrolelys van die Sabi Sand Wildreservaat lewer nie minder nie as 110 reptielspesies, 500 voëlspesies, 330 boomspesies, 45 visspesies, 30 amfibiese spesies en 145 soogdierspesies.

Ander Aktiwiteite

Die gholf entoesias kan gaan gholf speel by die Skukuza gholfbaan in die Kruger Nasionale Park wat slegs 45 min ver is. Geniet ’n bietjie vrye tyd by die Nature Spa op die terrein met strelende lyf behandelings en deskundige masseerterapie. Masserings is ook in jou eie kamer of op die uitkyk dek beskikbaar. Kulturele toere na die plaaslike Shangaan gemeenskap om meer van hulle unieke kultuur te leer kan gereël word.