Roan
Bastergemsbok

© Shem Compion

Naam

Bastergemsbok [Hippotragus equinus]

Voorkoms

Die pels is oorweldigend ligbruin terwyl die onderkant van die bene varieer tussen donker bruin en swart. Die wit en swart dele op die gesig is kenmerkende eienskappe van die spesie.
Hulle het lang puntvormige ore. Albei geslagte het dig-geringde horings. Bulle weeg 270kg en bereik ‘n skouerhoogte van 1.4 m. Die koeie is kleiner en weeg tussen 170 en 210 kg. Hulle het lang gepluimde sterte.

Dieet

Bastergemsbok wei hoofsaaklik op die boonste gedeeltes van grasse maar sal soms op houtagtige en kruie-agtige plante voed. Hulle verkies medium tot hoë grasse op oop grasvlaktes.

Teling

Hierdie bokke het nie ‘n vaste broei seisoen nie en kalwers word gebore na ‘n gestasie tydperk van ongeveer 40 weke. Die kalwer word versteek binne digte bosse vir die eerste maand van sy leeftyd en wanneer die kalwers aansluit by die kudde word hulle deel van ‘n “kleuterskool”.
Daar is ‘n baie hoë sterfsyfer onder die Bastergemsbok kalwers, tot 80 persent in die eerste sewe weke. In die Rooi Databoek word die Bastergemsbokke as ‘n bedreigde spesie gelys.

Gedrag

Hierdie bok is ‘n semi-kuddedier met die ooie en die kalwers wat die hoofkudde vorm. Daar is gewoonlik net een bul in elke kudde en jong alleenloper bulle vorm afsonderlike groepe.
In elke kudde is daar ‘n hierargie met die dominante koei in die kudde wat die rol van matriarg speel. Bastergemsbokke is mees aktief gedurende die vroeë ure van die dag.

Habitat

Hulle woon meestal in yl-beboste grasvlaktes, oop areas met medium-lengte gras, met maklike toegang tot waterbronne.