Prawns
Garnaal

© Johan Boshoff

Algemene Familienaam

Garnaal

Wetenskaplike Naam

Dendrobranchiata

Grootte

Tot 30 cm, gemiddeld 12 cm

Identifikasie

Langwerpige liggaam bedek met ‘n harde dop buite-om. Lang voelers. Kloue aan drie pare pote (krewels het slegs kloue aan twee paar pote en is kleiner). Sommige spesies het ‘n lang rostrum (lang, skerp punt wat by die voorkant van die kop verbysteek). Kleur varieer en rooi, oranje, geel, swart, wit en pienk is algemeen. Patrone word gebruik vir kamoeflering.

Algemene Inigting

Die dendrobranchiata sub-orde bestaan uit 7 families en 26 genera. Krewels is ook deel van hierdie sub-orde. Die naam beteken “boom kieue”. Nagtelike voeders. Word gevind op riwwe of sanderige areas. Pelagiese kuitskieters.

Voeding

Leef van afval en alge.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.

Algemene Spesies

Eastern king prawn - Penaeus plebejus
Plain shrimp - Palamoen adspersus
Night shrimp - Processa sp