Pluimvee Klimaatkontrole - Ventilasie en Humiditeit

© Glenneis Kriel

Hoenders moet nie net by ideale temperature aangehou word nie, maar ventilasie en humiditeitsvlakke in behuising moet ook beheer word.

Ventilasie

©Glenneis Kriel
Volgens Ross se Broiler Handbook is ventilasie die belangrikste manier om die voëls se omgewing te beheer. Dit help om ’n aanvaarbare luggehalte te handhaaf en verwyder terselfde tyd vog.
Die hoenders word sodoende binne gemaklike temperature gehou en dit verminder dit die opbou van potensiële skadelike gasse. In die vroeë stadiums van die voëls se lewe voorsien ventilasie hitte om hulle warm en gemaklik te hou en bied genoeg vars lug om 'n aanvaarbare luggehalte in die huis te handhaaf.
Soos wat die hoenders ouer word en meer hitte produseer, is hoër ventilasie-intensiteit nodig om hitte en respirasie by-produkte uit die huis te verwyder. Daar is twee tipes ventilasie, volgens Ross.

Natuurlike Ventilasie

©Glenneis Kriel
Natuurlike ventilasie vind plaas wanneer jy ’n huis het wat aan beide kante oop is met flappe of deure aan die sy-kante. Hierdie deure of flappe word oop of toe gemaak om die lugvloei binne en buite die huis te manipuleer. Waaiers kan gebruik word om die lug binne die huis te sirkuleer en eweredig te versprei. Sommige boere gebruik verwarmers om temperature te verhoog en voggers om temperature te verlaag.

Dit is moeilik om klimaatstoestande te manipuleer in ’n huis wat hierdie stelsel gebruik, want die huis is blootgestel aan die temperature van buite. Volgens Ross werk natuurlike ventilasie die beste as buite temperature naby aan die vereiste temperature binne die huis is.

Geslote-omgewing Ventilasie

Hierdie aangedrewe ventilasiestelsels word gebruik in huise wat óf soliede sy-mure of gordyne het wat tydens die operasie gesluit word. Waaiers en openings word gebruik om die huis te ventileer. Dit is duurder, maar gee produsente groter beheer oor klimaatstoestande in die huise.

Relatiewe Humiditeit

©Glenneis Kriel
Relatiewe humiditeit verwys na die waterdampinhoud in die lug. Wanneer verwarmers gebruik word, veroorsaak dit gewoonlik dat humiditeitsvlakke val, wat op sy beurt veroorsaak dat mense sukkel met ’n droë vel en neus.
Wanneer daar met hoenders gewerk word, sal vogtigheidsvlakke onder 30% hulle respiratoriese stelsels uitdroog en voëls wat meer vatbaar vir respiratoriese siektes is tot gevolg hê. Die hoenders sal ook meer geirriteerd en aggressief word, volgens Hyline.

Hoë vogtigheidsvlakke, aan die ander kant, skep ideale broeiarea vir alle soorte muf, skimmel en bakterieë. Die relatiewe humiditeit in 'n pluimveehuis behoort ideaal tussen 40% en 60% te wees wanneer die hoenders kuikens is. Hoenders dra by tot die humiditeitsvlakke by deur hul asemhaling en afval.
Wat kan gedoen word om humiditeitsvlakke te verminder?
  • Gebruik die korrekte digtheid. Hoe meer voëls jy per vierkante meter het, hoe meer afval en respirasie per vierkante meter word geproduseer.
  • Bestuur beddegoed behoorlik om vogvlakke te verminder. As jy nie beddegoed gebruik nie, verwyder afval gereeld uit die produksie area.
  • Gebruik die regte diepte beddegoed. Winterbeddegoed moet oor die algemeen dikker wees as somerbeddegoed.
  • Verseker dat daar geen lekkasies in die huis is nie. Evalueer drinkers, pype en die gebou en maak lekkasies reg sodra hulle opgespoor word.
  • Voëls moet op 'n gebalanseerde dieet wees en gesond wees om diarree te voorkom.

Wat kan gedoen word om die humiditeitsvlakke te verhoog?
  • Vloeroppervlakke kan met water gespuit word
  • Voggers of watersproeiers kan gebruik word om vog by die lug te voeg.

Translated by Nina Joubert