Hooggeleë Uitsigte - Aktiwiteite
Phinda Privaat Wildplaas, KwaZulu-Natal

By hierdie wild safari lodge in KwaZulu-Natal is ’n bootrit op die Mzinene rivier ’n rustige manier om jou dag te begin of af te sluit.

Bootritte

Die ekskursie begin met ’n safari rit, onderneem deur professionele gidse, na die rivier. Gedurende die bootrit sal jy diverse fauna en flora sien. Koorsbome, gewone trosvy en akacias dien as beskutting vir voëls. Voëlkyk entoesiaste word aangeraai om hul verkykers saam te bring – daar is al 415 spesies voëls in die area opgeneem!

Strand Avonture

Op die pêrel wit strande van Maputaland kan jy ’n half dag strand avontoer aanpak en jou adrenalien bietjie pomp. Om die meeste te maak van jou tyd langs die see kan jy ook rustige stappies langs die kus aanpak, in die warm water van die Indiese Oseaan swem of snorkel as ’n aktiwiteit aanpak. Paartjies kan ’n romantiese piekniek op die strand geniet…

Wildbesigtigingsritte

By Phinda Mountain Lodge wag opwindende wildbesigtigingsritte. Die ontwykende jagluiperd en swart renoster was al in hierdie area gesien, so as jy gelukkig is kan jy hulle ook opspoor gedurende jou verblyf. Daar is oorvloed bokke en olifante, leeus en kameelperde. Moet egter nie van die voëls vergeet nie - Phinda Mountain Lodge het 415 verskillende spesies!

Seeskilpad Avonture

Gedurende die somer in die suidelike halfrond kom leerrug- en sot seesklipaaie uit die Indiese oseaan uit by Sodwanabaai vir 4 maande om hulle eiers te lê. In die aand kan jy ’n ekskursie langs die kus aanpak wat die vars spore van die seeskilpaaie volg en jou lei na potensiale nesmaak plekke. Jy kan stilletjies die wyfies dophou terwyl hulle hul gate grawe en hul eiers daarin lê.

Endangered Wild Cats Projek

By ’n rehabilitasie sentrum naby aan Phinda Mountain Lodge, word bedreigde wilde kat spesies soos rooikat, Afrika wilde kat, tierboskat en jagluiperd na omgesien. Begeleide, opvoedkundige toere word gelei deur die individuele kampe en is ’n insigvolle aktiwiteit.

Zulu Gemeenskaptoer

By hierdie wild safari lodge in KwaZulu-Natal gee ’n kulturele toer van die plaaslike Zulu gemeenskap jou ’n dieper insig oor die tradisionele gewoontes en tradisies. Die toer sluit ’n besoek aan die sangoma (tradisionele geneesheer) opvoedingskool in, asook die kans om handgemaakte kunsvlyt te koop.