Gemaklike Safari Lodge
Phalaborwa, Limpopo

Sefapane Main Lodge is ideaal vir families met kinders wat die Suid-Afrikaanse wildlewe wil ontdek.

Hoogtepunte

Verskeie akkommodasie opsies beskikbaar, insluitend wildbesigtiging
Safari Huis wat tot 6 gaste kan akkommodeer – ideaal vir families
Kinders van alle ouderdomme is welkom
Veilige speelgronde en tuine vir die jonges om in te speel
Gedurende die skool vakansies is daar ’n Kinder Aktiwiteitsklub beskikbaar

Jou Ervaring

Sefapane Main Lodge is gerieflik langs die Kruger Nasionale Park geleë en is ’n skatkis van konservasie en wildlewe. Die gemaklike safari lodge bied verskillende akkommodasie opsies, wat aparte safari huise en en-suite rondavels insluit. Die safari huise is met rustieke dekorasie versier en vir gemak ontwerp. Die huise kan tot 6 mense slaap – 4 grootmense en 2 kinders.

Die akkommodasie by Sefapane Main Lodge is met asemrowende uitsigte van die lodge se tuine omring en die inwondende voëls bied ’n sprokies atmosfeer. Dit is ’n magiese vakansie bestemming wat kinders van alle ouderdomme verwelkom. Aktiwiteite spesiaal vir kinders word aangebied om hulle besig te hou en hul belangstelling in die natuur te verdiep.

By Sefapane Main Lodge kan jy ontspan en die rustige atmosfeer van die tuine inneem, terwyl jou kinders in die veilige speelarea besig is.