Sefapane Main Lodge bied ’n verskeidenheid aktiwiteite aan wat sal verseker dat gaste ’n genotvolle vakansie het.
Sefapane Main Lodge is ’n familie vakansie bestemming waar aktiwiteite soos ’n wildbesigtigingsrit in die Kruger Nasionale Park, begeleide bergfiets safaris, begeleide bos wandelinge, swem, gholf en kuturele uitstappies die familie met tonne herhinneringe sal bied.
’n Aparte swembad is spesiaal vir kinders ingerig. Die swembad het ook ’n klimraam met ’n glyplank wat tot in die swembad in gly. Bergfietsritte kan op die lodge se uitgemerkte roetes aangepak word en vang-en-laat-gaan visvang kan by een van die verskeie damme wat die lodge omring beoefen word. Die hoof lodge area het ’n wonderlike uitgestrekte tuin waar families na hartelus kan speel.
Die magiese Sefapane Main Lodge bied heerlike maaltye wat met ongelooflike diens en styl bedien word. Jou verblyf word afgerond met aandetes in die vorm van ’n tradisionele Suid-Afrikaanse braai rondom die buitelug vuur, gevolg deur ’n aand wildbesigtigingsrit.