Voëlkykers se Droom Bestemming - Aktiwiteite
Ndumo Wildreservaat, KwaZulu - Natal

©Roger de la Harpe
©Roger de la Harpe

Die Ndumo Game Reserve mag nou wel bekend wees vir die besonderse voëllewe, maar hier is volop ander wild soos seekoeie, krokodille, rooibokke en bosbokke om tydens ’n wildrit te sien.

Wildkyk

Hier is beide swart- en witrenosters asook die grasieuse kameelperd en as jy gelukkig is, sal jy die buffels wat hier rondloop ook sien.

Gaste is welkom om sekere roetes op hulle eie te verken of hulle kan saam met ’n ervare gids in ’n Land Rover die ander interessante plekke in die gebied besoek. Afhangende van die aanvraag is daar ’n oggendrit asook ’n laatmiddag wildrit. As jy meer energiek voel kan jy op ’n begeleide stapsafari saam met ’n kundige gids gaan. Besprekings moet by die Ontvangs gemaak word.

Bos Etes

Die goedtoegeruste gemeenskaplike kombuis is net die plek om gesellig saam met jou familie die selfsorg aspek van hierdie wegbreek te deel of nuwe vriendskappe te smee. Alhoewel daar geen kosvoorrade in die wildreservaat te koop is nie, is daar ’n winkel asook ’n vulstasie slegs 2 km buite die hek. Bier, wyn, koeldrank en roomys is by die snuisterywinkel op die reservaat beskikbaar.