Voëlkykers se Droom Bestemming
Ndumo Wildreservaat, KwaZulu - Natal

©Roger de la Harpe
©Roger de la Harpe

Die Ndumo Game Reserve bied ’n bekostigbare selfsorg safari ervaring in die hart van Maputaland in Suid-Afrika aan.

Hoogtepunte

Voëlkykers se Droom Bestemming - meer as 430 voëlspesies
Swart- en witrenosters
Groot krokodil populasie
Selfsorg akkommodasie
Opvoedkundige aktiwiteite

Jou Ervaring

Die 10 117 hektaar Ndumo Game Reserve is in Maputaland naby die Tembe Olifantpark op die grens tussen Mosambiek en Suid-Afrika geleë. Die reservaat het ’n verskeidenheid diere soos krokodille, renosters en kameelperde. Dit is egter die wildreservaat se enorme voëllewe wat toeriste van heinde en verre lok om ’n besonderse voëlkyk ervaring te geniet.

Jy kan kies om in ’n gemaklike chalet te bly of jou eie tent en karavaan op te slaan in die skaduryke kampterrein. Al die basiese selfsorg geriewe om jou verblyf gemaklik en sorgvry te maak is beskikbaar. Die personeel is professioneel en vriendelik sonder om op jou privaatheid in te dring. Hier is ongelukkig geen kosvoorrade nie, maar jy kan jou eie bring en heerlike maaltye in die goedtoegeruste gemeenskaplike kombuis voorberei.

Hierdie pragtige wildreservaat in die hartjie van Maputaland bied jou ’n geen nonsens safari-ervaring wat jou keer op keer sal laat terugkom.