Die Tsonga is bekend vir hul ryk musikale erfenis wat gebaseer is op die speel van 'n wye verskeidenheid van musiekinstrumente. Dit kan verdeel word in drie kategorieë naamlik snaar wind en perkussie.
Die belangrikste snaarinstrumente sluit 'n gekerfde vibrerende boog (xizambi) in wat gespeel word deur die musikant wat die string (gewoonlik van bas of tou) in sy tande hou en vir resonansie word 'n stok met weerklinkers rondom op en af op die kerwe van die boog in maat van die musiek gestreel.
Die xitendze is 'n boog met 'n kalbas wat daaraan gekoppel is, wat dien as 'n weerklinker. Die mgangala, wat vandag nog gespeel word, is 'n hol riet boog wat met die vingers gepluk word, terwyl die xipendana 'n draad snaar boog is met 'n dik handvatsel en 'n plat stuk metaal wat gebruik word om die snaar te pluk.
Die wind instrumente is 'n kruis fluit (xitiringo) met drie gate, skaapwagters pype (Nanga), en 'n bok horing trompet (mhalamhala).
Slaginstrumente bestaan uit tamboeryne en tromme. ʼn Plat ronde tamboeryn (tsomane) word deur waarsêers gespeel om mense wat deur bose geeste besit word te behandel. Tromme sluit die ndzumba en xigubu in, wat by seuns en meisies se inisiasie rituele onderskeidelik gespeel word, en die Ngoma wat by feestelike danse gebruik word.
Twee instrumente (nie inheems aan die Tsonga nie) val buite hierdie kategorieë Die een is 'n hand klavier met agt metaal stroke, sowat 10 sentimeter (4 duim) lank en 1 sentimeter (1/2 duim) wyd, oor 'n stuk hout vasgemaak en gespeel word deur die streel van die metaal stroke; die ander is 'n vorm van xilofoon met 'n hout sleutelbord en kalbas weerklinkers.
Tsonga musiek het verander sedert dit die eerste keer in die 1920s aangeteken is. Vandag is dit moontlik die gewildste oorkoepelende musiek in die land wat plaaslike en ingevoerde tradisies kombineer.
Translated by Wilma Koeppen