Mountain Reedbuck
Rooiribbok

© Roger de la Harpe

Naam

Rooiribbok [Redunca fulvorufula]

Voorkoms

Die Rooiribbok is 'n mediumgroot, grasieuse en skaam bok. Ramme bereik 'n massa van ongeveer 32 kg en meet 750 mm by hulle skouers. Ooie is kleiner teen 30 kg. Pels is oorwegend grys, maar die kop en skouers is rooibruin. Hulle het 'n sagte wit stert en opvallende wit borskant. Voorwaarts geboë horings word slegs op ramme aangetref. Hierdie spesie het lang smal ore.

Dieet

Die Rooiribbok is 'n weieraar en benodig voldoende water.

Teling

Ooie gee geboorte aan enkele lammers, veral gedurende die somer, na 'n dragtigheids periode van agt maande. Jong bokkies bereik volwasse liggaams grootte op twee jaar. Jong ooie word so vroeg as 15 maande seksueel aktief.

Gedrag

As dit met sy kenmerkende gallop loop, met stert omhoog, wys dit die wit onderkant. Hulle kom voor in klein kuddes van drie tot agt individue, alhoewel tot 30 al saam gesien is. Die groter groepe is tydelik omdat hulle in kleiner eenhede versprei wanneer dit versteur word. Jong ramme word uit kuddes gedwing om kleiner groepe te vorm tot seksuele volwassenheid en hulle gereed is om die reg uit te oefen vir paringsgeleenthede teen territoriale ramme. Gewoonlik is daar net een volwasse ram in 'n gesinsgroep.

Habitat

Hulle natuurlike habitat is, soos hulle naam aandui, bergagtige terrein en hulle kan gesien word op berghange waar hulle in die skaduwee voed of in die skaduwee en kamoufleering van die digte bos.

Waar Hulle Gevind Word

Verspreiding is beperk tot die berghange van Gauteng, die Drakensberg, sowel as die Karoo koppies langs die boonste Oranjerivier. Die Rooiribbok is baie algemeen in 'n geskikte habitat.

Vitale Statistieke

Latynse naam: Redunca Fulvorufula
Gewig (Vroulik): 15 - 34 kg
Gewig (Manlik): 24 - 36 kg
Dragtigheids periode: 8 maande
Hoeveelheid kleintjies: 1 lam
Orde: Artiodactyla
Familie: Bovidae
Teling: 'n Enkele kleintjie word gedurende die jaar (spitstyd in Desember - Januarie) gebore ná 'n dragtigheids periode van sowat 8 maande.

Spoor Beskrywing

Daar is feitlik geen verskil tussen die Rooiribbok en die Rietbok se spoor nie. Die Rooiribbok kan effens kleiner wees.