Rustige Bosveld Aftog - Aktiwiteite
Mapungubwe Nasionale Park, Limpopo

Mopane Bush Lodge is geleë binne die 7220 hektaar Mapesu Privaat Wildreservaat – ’ n wildhemel – en gaste kan uitsien na volop dier besigtinge tydens hul verblyf.

Wildbesigtiging

Het jy al buffel, olifant, eland, kameelperd, koedoe, sebra, wildebees en impala in een reservaat gesien? Boon-op die roofdiere soos jagluiperd, luiperd, rooikat en jakkals, asook meer as 540 voëlspesies?

Wildbesigtigingsritte in beide die Mapesu Privaat Wildreservaat en die nabye Mapungubwe Nasionale Park word in ope-lug safari-voertuie, twee keer ’n dag onder die kenner leiding van vriendelike en ingeligte gidse aangebied. Ontdek die baobab-gevulde landskap en verkyk jou aan die interessante fauna en flora.

Tshugulu 4x4 Eko-roetes

Ontdek die Limpopo Vallei met ’n opwindende 4x4-roete. Die Tshugulu eko-roete binne die Mapungubwe Nasionale Park is ’n golwende roete, met ’n beeldskone uitsig, deur die reservaat. Onthou om jou middagete in te pak; daar is heerlike piekniekplekke op die pad.

Bos Maaltye

Mopane Bush Lodge is bekend vir die ongelooflike eet ervaringe. Hier word uitmuntende plaaslike en internasionale maaltye deur bekende sjefs voorberei. Gaste se behoeftes word te alle tye eerste geplaas en daarom kan die maaltye, asook die tyd daarvan, aangepas word. Met vooraf reëlings kan hierdie luukse akkommodasie in die Mapesu Privaat Wildreservaat vir alle dieetversoeke kook. Maaltye word in verskillende liggings bedien en wissel van die ruim eetkamer tot die romantiese lapa, of onder die sterre in die boma. Elke maaltyd sal egter ’n smaakvolle, gesellige geleentheid wees.

Die lodge het ’n gelisensieerde en goed gevulde kroeg op die perseel, wat ’n verskeidenheid van plaaslike en ingevoerde bier, Suid-Afrikaanse wyn, siders en sterk drank bedien.