Rustige Bosveld Aftog
Mapungubwe Nasionale Park, Limpopo

Mopane Bush Lodge bied luukse akkommodasie in die Mapesu Privaat Wildreservaat, geleë naby aan die Wêreld Erfenis Gebied van Mapungubwe.

Hoogtepunte

Eksklusiewe gebruik van Mapesu Wildreservaat vir gaste van Mopane Bush Lodge
Gereelde wild besigtigings in ’n malaria-vry reservaat
Besoek die Mapungubwe Wêreld Erfenis Gebied waar die eerste Bantu-koningryk gevorm was
Baobabs, San rotskuns en eko 4x4-roetes
Fasiliteite vir gestremde reisigers, insluitende rolstoeltoegang tot ’n aangepaste chalet, die ontspanningsarea, eetkamer, kroeg en swembad

Jou Ervaring

Met eerste intrapslag by Mopane Bush Lodge word jy weggeblaas deur die elegansie van ’n luukse Afrika safari ervaring. Geleë in die Mapesu Privaat Wildreservaat, aangrensend aan die Mapungubwe Nasionale Park, Mopane Bush Lodge spog met meer as 7000 hektaar van ongerepte bosveld. Die reservaat is die tuiste is van ’n verskeidenheid diere en voëls.

Elkeen van die beeldskone grasdak chalets is afgesonder in hul eie kraal en is elegant ontwerp as ’n ode aan tradisionele Afrika. Elke chalet is toegerus met moderne geriewe en het ’n ongelooflike uitsig oor die omliggende omgewing. Die personeel is vriendelik, sonder om jou spasie te betree en bied jou met uitstekende diens sonder om op jou privaatheid aanspraak te maak.

 Hierdie luukse akkommodasie in die Mapesu Privaat Wildreservaat bied ’n diverse reeks geriewe aan en sal ’n verskeidenheid gaste gelukkig hou. Die safari aktiwiteite is die lodge se fokuspunt, en tussendeur is gaste van Mopane Bush Lodge is welkom om langs die swembad te luilê, of in die klein biblioteek met ’n goeie boek op te krul.