Rustige Bosveld Aftog - Jou Verblyf
Mapungubwe Nasionale Park, Limpopo

Akkommodasie by Mopane Bush Lodge bestaan uit afgesonderde grasdak suites, elk toegerus met ’n en-suite badkamer en ’n privaat stoep met ’n ongelooflike uitsig van die bosveld.

Jou Kamer

Sommige van die chalets spog ook met ’n privaat plonspoel waarin jy in totale privaatheid na ’n lang dag in die buitelug kan afkoel. Die slaapkamers is ruim met gemaklike matrasse en hope kas spasie.

Mopane Bush Lodge het ook geriewe vir mense met gestremdhede, insluitende ’n chalet wat rolstoel-vriendelik is. Die slaapkamer en badkamer het relings, oop-vou stoele, ’n stortkop wat met die hand verskuif kan word en ’n toilet wat ingerig is met ruim spasie daarom. Daar is ook ’n buitelugstort met rolstoeltoegang, sodat elke gas die ope-lug uitsig kan geniet. Die hoogte van die bed is ’n rolstoel-vriendelik, so ook die skakelaars en deurhandvatsels. Mopane Bush Lodge beloof ’n gemaklike verblyf vir almal.

Al die kamers het ’n kluis, haardroër, klein kroeg en tee en koffie maak geriewe.

Fasiliteite

Mopane Bush Lodge bied nie net safari aktiwiteite aan nie. Gaste wat slegs wil ontspan kan heerlik luilê langs die swembad in die somer maande, en in die winter maande voor die warm kaggel van die knus ontspanningsarea opkrul. Die kroeg het ’n skaduwee Lapa en is langs die swembad geleë – ideaal vir ’n verfrissende drankie.

Daar is ’n klein biblioteek met ’n verskeidenheid naslaanboeke, asook ligte lees materiaal. Gratis Wi-Fi is regdeur die lodge beskikbaar.

Ander geriewe sluit in:
Wasgoed dienste
Aandenkingswinkel
Kamerdiens
Daaglikse skoonmaakdienste
Peuselhappie kroeg