Onaangeraakte Afrika Wildernis - Aktiwiteite
Manyeleti, Groter Kruger

Gaste van Tintswalo Manor House kan uitsien na hul wildbesigtigservaring by hierdie familie safari in die Manyeleti Wildreservaat.

Wildbesigtiging

Daar kom omtrent 105 soogdiere en 450 voëls in die omgewing voor. Die safari voertuie is toegerus met soekligte vir ’n optimale aandwildbesigtigingsrit. Elke gids het ook ’n tweerigting radio waarmee hulle met mekaar kan kommunikeer oor die ligging van die wild, om sodoende seker te maak dat elke gas ’n spesiale wildbesigtigingservaring kry.

Met verkykers, naslaanboeke, muskietafweerder en jasse asook warm komberse word al jou behoeftes na omgesien op Tintswalo Manor House se wildbesigtigingsritte. Hierdie familie safari in die Manyeleti Wildreservaat bied ook begeleide staptoere in die bos aan.

Opgeleide en hoogs ervaarde gidse sal jou uitneem en jou meer leer oor die plaaslike Shangaan mediesinale plantgenruike. Rond jou dag af met ’n skemerkelkie op jou laatmiddag wildbesigtigingsrit, gevolg deur aandete om kerslig.

Welwees

Bederf jouself met ’n spesiale Afrika bos spa behandeling. Ontspan totaal in Tintswalo Manor House se genesingskamer, waar die terapeut inheemse plantprodukte tydens die behandeling inkorporeer. Hier kan jy gepamperlang word terwyl jy die reuke en uitsigte van die Afrika bosveld inneem.

Troues

Tintswalo Manor House is ’n spesiale plek vir ’n eksklusiewe en intieme troue - baie ver weg van die stad se liggies. Sê die “ja”-woord met die Afrika wildernis in die agtergrond en geniet jou spesiale dag in die romantiese atmosfeer van die bos.