Herinneringe om te Koester - Aktiwiteite
Manyeleti, Groter Kruger
By hierdie familie safari akkommodasie in die Manyeleti Wildreservaat word daar twee keer per dag wildbesigtigingsritte - in gespesialiseerde safari voertuie - onderneem.
Wildbesigtigingsritte
Die eerste rit is om 5:30, die ander om 16:00. Die wildbesigtigingsrit in die laat middag is ook die perfekte geleentheid vir ’n skemerkelkie tydens die magiese Afrika sonsondergang. Nagtelike diere kan ook op die laat wildbesigtigingsrit gesien word, omdat dit tot na sonsondergang aanhou. Manyeleti Wildreservaat deel ’n onomheinde grens met die Kruger Nasionale Park en daarom beweeg wild vrylik tussen die twee areas. Seekoei, zebra, kudu, impala, olifant, leeu, luiperd (as jy gekukkig is), renoster, buffels asook bobbejaan word gereeld aanskou.
Stap Safaris
Honeyguide Khoka Moya Camp bied stap safaris aan. Hierdie uitstappies is ’n unieke manier om die bos teen ’n rustiger en stadiger pas te geniet. Die diverse flora, voëls en insekte word gereeld oor gekyk op ’n wildbesigtigingsrit en word daarom beter op ’n stap safari ontdek. ’n Gewapende gids sal die spoorsny-soektog begelei.
Aktiwiteite vir Kinders
Kinders van alle ouderdomme het opwindende avonture wat op hulle wag by Honeyguide Khoka Moya Camp. Die kamp se personeel lei al die kinderprogramme. Jonger kinders kan uitsien na aktiwiteite soos inkleur en bak en brou in die kombuis. Ouer kinders by hieride safari akkommodasie in die Manyeleti Wildreservaat kan uitgaan op ’n skattejag en kort begeleide stap safaris. Kinders 12-jaar en ouer mag saam met hul ouers op wildbesigtigingsritte uitgaan.
Alternatiewe Aktiwiteite
Voëlkyk by die watergat se voëlskerm
Wildlewe fotografie
Privaat begeleide toere op aanvraag
Groep toere na die plaaslike gemeenskap, Welverdiend