Ontspan in die Son
Malelane, Mpumalanga

Geleƫ in die Mjejane Wildreservaat, Mejane River Lodge bied die beste privaat Suid-Afrikaanse safari ervaring aan.

Hoogtepunte

Maklike toegang tot die suidelike gedeelte van die Kruger Nasionale Park 
Omring met onaangeraakte Afrika wildernis 
Aandetes word onder die sterre bedien 
Uitsigte oor die Krokodilrivier (perfek vir skemerkelkies) 
Oggend en laat middag wildbesigtigingsritte met hope wildkyk geleenthede

Jou Ervaring

Mjejane River Lodge is geleë in die Mjejane Wildreservaat, tussen Malelane en Komatipoort, en die Kruger Nasionale Park se suidelike grens. Mjejane Wildreservaat deel ’n onomheinde grens met die Kruger Nasionale Park sodat wild vrylik in die area kan rond beweeg. Dit verseker ook ’n grootter verskeidenheid wild besigtinge en ’n meer genotvolle ervaring by hierdie privaat Suid-Afrikaanse safari akkommodasie.

Die reservaat het volop leeus, sebra, seekoei, kameelperd, luiperd en olifant. Mjejane River Lodge is veral ’n goeie bestemming vir gaste wat nie in die Kruger Park wil, of kan, bly nie. Dit is ’n natuur liefhebber se paradys waar fantastiese uitsigte oor die Krokodilrivier geniet kan word. Tussen die oggend en aand wildbesigtigingsritte kan jy vir jou ’n heerlike plekkie in die son vind en die uitsigte inneem. Dit is nie ongewoon om ’n nuuskierige trop olifante, op hul pad na die rivier, verby die lodge te sien loop nie.

Elke kamer by Mjejane River Lodge dra by tot die rustige atmosfeer van die lodge. Die kamers is sjiek en ruim, elk met sy eie badkamer en stort. Elke kamer het ook ’n plonspoel op sy privaat besigtigingsdek wat as die perfekte uitsigpunt dien. Vanaf jou kamer kan jy sien hoe die diere onder by die rivier gaan drink.

Die Mjejane Rivier Lodge personeel is baie vriendelik, attentatief en sal meer as gelukkig wees om na elkeen van jou behoeftes en vrae om te sien. Uitstekende diens en volop wild – daar is nie ’n beter kombinasie nie!