Ontspan in die Son - Jou Verblyf
Malelane, Mpumalanga

Elke kamer by Mjejane River Lodge dra by tot die rustige atmosfeer van die lodge, die kamers is sjiek en ruim, elk met sy eie badkamer en stort.

Jou Kamer

By Mjejane River Lodge is daar 6 luukse kamers, 3 dubbel kamers en 12 tweeling kamers. Alle kamers het en-suite badkamers, haardroeërs, tee- en koffie fasilitete, ’n klein kamer kroeg en privaat stoep wat uitkyk oor die rustige waters van die Krokodilrivier.

Lodge Geriewe

Buitelug swembad 
Restaurant Kroeg 
Tradisionele buitelug boma 
Wi-Fi