Uniek en Luuks
Makalali Privaat Wildreservaat, Limpopo

Garonga Safari Camp is ’n beeldskone en luukse safari kamp in die Makalali Konservasie wat Groot 5 besigtinge en ’n ontspannende atmosfeer aanbied.

Hoogtepunte

Outentieke Groot 5 ervaring en besigtiginge van jagluiperd, wilde hond en gespikkelde hiëna 
Probeer die “uit-slaap ervaring” - spandeer die aand buite op die besigtingingsdek wat uitkyk oor die watergat
Geniet ’n Bos Bad - neem die omliggende omgewing in terwyl jy in ’n bad met borrels ontspan
Huur ’n microlight of klein vliegtuig en sweef bo die Makalali Konservasie area
Uniek en Luuks - die kamp het ’n spa en ’n verskeidenheid maaltyd opsies

Jou Ervaring

Garonga Safari Camp is geleë in die beeldskone Makalali Konservansie area, slegs 90 minute van die Kruger Nasionale Park. Die kamp bied ’n rustige safari ervaring in ’n natuurlike omgewing. Makalali Konservasie is die tuiste van die wêreld-beroemde Groot 5, asook ’n verskeidenheid ander diere, insluitende die Afrika wilde hond, jagluiperd en gespikkelde hiëna.

Die bestuur en personeel van hierdie luukse safari kamp spog graag met hul uitstekende diens. Hier voel jy soos ’n familielid eerder as ’n gas by ’n lodge. Die klip-en seildoeksuites is mooi gemeubileer het al die geriewe om jou verblyf so gemaklik moontlik te maak.

Maaltye by Garonga Safari Camp is smaakvol en eksepsioneel vir selfs die mees onderskeie palet.  Die eerlikheidskroeg voeg ’n welkome atmosfeer tot die kamp.

As jy opsoek is na ’n luukse, tog outentieke safari kamp ervaring, sal Garonga Safari Camp al jou verwagtinge oortref. Arriveer as ’n gas maar gaan as ’n vriend weg. Hier sal jy mooi herinneringe opdoen en wegry met die intensie om terug te kom.