Uniek en Luuks - Aktiwiteite
Makalali Privaat Wildplaas, Limpopo

Garonga Safari Camp bied ’n outentieke Groot 5 Safari ervaring onder die kenner leiding van gidse en spoorsnyers.

Wildbesigtiging

Die twee-daaglikse wildbesigtigingsritte vorm ’n integrale deel van jou verblyf by die kamp en sal jou naby aan jagluiperd, seekoei, krokodil, hiëna, kameelperd, sebra en verskeie bok spesies bring.

Gedurende die oggend rit word gaste van ’n heerlike vars koppie tee of koffie voorsien. Met beskuit in die hand kan jy kyk hoe die Afrika landskap om jou wakker word. Skemerkelkies wag op jou op die laatmiddag wildbesigtigingsrit, asook ’n mooi rooi sonsondergangs.

Lus om die bos met al jou sintuie te ontdek? Hierdie luukse safari kamp area bied opwindende stap safari’s aan. Onder leiding van ’n kenner gids en spoorsnyer laat hierdie staproetes jou toe om die fauna en flora van die area te voet te ontdek. Daar is ook goeie voëlkyk geleenthede binne die reservaat.

Bos Bad

Al ooit ’n bad buite in die natuur gehad? By Garonga Safari Camp kan jy in ’n diep bad met borrels ontspan en die uitsig oor die wilde landskap inneem. Luister na die geluide van die bos en drink ’n glas Suid-Afrikaanse wyn terwyl die borrels en die rustigheid jou omvou.

Uit-slaap Ervaring

Spandeer ’n aand onder die sterre in ’n hemelbed op ’n platvorm wat uitkyk oor ’n watergat. Meer romanties kry mens nie. Begin die aand se feestelikhede met ’n privaat aandete vir twee, uitgelê op die opgeligte platvorm. Na aandete kan jy op die hemelbed gaan lê en jou ore oophou vir die geroer onder by die watergat.

Bos Maaltye

Die uitmuntende sjef by Garonga Safari Camp verseker dat elke maaltyd onthou sal word. Die ligging en tema van die maaltye verskil en wissel van gemeenskaplik rondom ’n tafel in die hoof ontspanningsarea tot ’n boma ete of ’n privaat, intieme tafel elk op sy eie ligging. Die boma is veral populêr as gevolg van die ontspanne atmosfeer, afgerond met ’n kroeg en vuurput.

Hierdie luukse safari kamp het ’n eerlikheidskroeg en ’n lugverkoelde wynkelder wat goed gevul is met ’n verskeidenheid Suid-Afrikaanse wyne.

Garonga Safari Camp kan na alle dieetversoeke omsien.