Verken Afrika se Beste
Madikwe Wildreservaat, Noordwes Provinsie

Die elegante Etali Safari Lodge in die malariavrye Madikwe Wildreservaat is ’n privaat toevlug vanuit die stadslewe en die ideale plek om die beste van die Afrika bosveld te ervaar.

Hoogetpunte

’n Gewilde watergat is vanaf elke suite, die eetkamer en die swembad sigbaar
Die familie kamers deel ’n verhitte plonspoel op die dek
Daar is een rolstoelvriendelike suite vir ouer of gestremde gaste
Bewonder die sterre deur ’n hoëtegnologie-teleskoop
Kinders is welkom en kan die spesiale kindervriendelike aktiwiteite geniet

Jou Ervaring

Etali Safari Lodge bied ’n elegante safari ervaring met spesiale aandag aan families met kinders. Dit het ’n rolstoelvriendelike suite om die ervaring meer genotvol vir ouer of gestremde gaste te maak. Die lodge is in familiebesit en bestuur en kan dus getrou bly aan hul visie om ’n intieme omgewing in harmonie met die natuur te skep.

Etali is ’n privaat reservaat in die ongetemde bosveld van die malariavrye Madikwe Wildreservaat. Die klem by Etali val op gemak en welstand. Die woord ‘etali’ beteken ‘nuwe begin’ – presies wat jy kan verwag na ’n verfrissende wegbreek in hierdie rustige omgewing.