Verken Afrika se Beste - Jou Verblyf
Madikwe Wildreservaat, Noordwes Provinsie

Etali Safari Lodge in Madikwe Game Reserve het 8 eksklusiewe suites wat privaatheid verseker.

Jou Kamer

Etali Safari Lodge het 8 eksklusiewe suites wat privaatheid verseker. Kinders is welkom, want by Etali kan gaste van alle ouderdomme tuis voel. Die elegante slaapkamers is spasieus met ekstra lank en ekstra wye beddens. Kraakvars beddegoed is die standaard en dra by tot ’n goeie nagrus na ’n ontspanne dag in die natuur.

Elke suite het sy eie badkamer, privaat uitkyk dek, swembad, kaggel, lugversorging, tee en koffie maak geriewe en kroegyskas. Wi-Fi is beskikbaar.

Lodge Fasiliteite

Konferensiefasiliteite vir tot 20 mense met internet toegang is beskikbaar by Etali. Met die klem op persoonlike aandag en welsyn word die intieme troues wat hier gevier word van ’n ‘nuwe begin’ gewaarborg. Die buitenshuise gimnasium en gesondheidsspa is ideaal vir ontspanning, verjonging en ontgiftiging. Watter beter omgewing kan mens kies vir ’n holistiese ervaring?