Daar is verskillende tipes akkommodasie by Jaci’s Lodge. Al die suites is luuks en ontwerp vir ’n ongewone vakansie in die bos. Dit sluit laatontbyt, laatmiddag-tee en aandete in.
Safari suite
Hierdie spasieuse suite het slaapplek vir tot 8 mense wat dit ideaal maak vir ’n groep of familie wegbreek. Die suite het deure wat op ’n groot uitkyk dek met ’n private swembad en vuurmaakplek oopmaak. Saans lyk dit betowerend met die lig van die lanterns wat al langs die hout paadjies aangebring is. Die ondervloerse verwarming, dakwaaiers en lugversorging verseker jou gerief tydens enige seisoen. Kinders onder 6 jaar oud word slegs in die Safari of Nare suite geakkommodeer.
Nare suite
Hierdie suite het slaapplek vir 6 mense (4 volwassenes en 2 kinders). Daar is ’n hoofslaapkamer en gastekamer met ’n oopplan badkamer. Kinders sal mal wees oor die solderkamer met twee enkelbeddens. Gaste by hierdie suite het toegang tot ’n privaat wildkyk voertuig, privaat swembad en die gebruik van die hoof lodge se swembad. Die ondervloerse verwarming, dakwaaiers, lugversorging en ’n buite-stort verseker jou gerief tydens enige seisoen.
Starbed suites
Hierdie 2 suites is meer modern as die ander akkommodasie. Hier het jy die opsie om binne te slaap of buite onder die sterre. Elke suite het ’n badkamer, buite-stort, ondervloerse verwarming en lugversorging. Ontspan by die kroeg of op die privaat uitkyk dek. Gaste het toegang tot die hoof lodge se swembad en die Terrapin Hide.
Tent suites
Hierdie suites is perfek vir paartjies. Die tente het kant seile wat kan oprol en grasdakke. Die ongewone moderne meubels en dekor skep ’n nuwe voorkoms vir safari lodges. Gaste het toegang tot die hoof swembad en lodge. Die badkamers is uniek met ’n mosaïek versierde bad en privaat buite-stort. Daar is ook ’n privaat uitkyk dek waar jy kan sit en ontspan.
Die hoof lodge het binne- en buite areas waar gaste die tye tussen maaltye en wildritte kan verwyl. Smiddags kan jy buite ontspan by die uitkyk dek, boma of swembad of binne in die groot sitkamer kom rus. In die winter is die stoele naby die kaggel die gewildste plek.
Die meer aktiewe gaste kan langs die rivier gaan stap of van die gimnasium gebruik maak. Fasiliteite vir troues is ook beskikbaar. Jy kan ’n tradisionele Afrika troue met veldblomme en Tswana danse hê wat tot die romanse kan bydra.