Onvergeetlike Safari-ervaring - Aktiwiteite
Madikwe Wildreservaat, Noordwes Provinsie

Die Madikwe Wildreservaat het wonderlike besigtinge van die Super 7 – olifant, swart en wit renoster, buffel, leeu en luiperd, jagluiperd en wilde hond.

Wildbesigtigingsritte

In gespesialiseerde safari voertuie lei ervare gidse die soektog na die ongelooflike rondlopers van die bos. ’n Maksimum van 4 gaste per voertuig word toegelaat, om te verseker dat dit ’n intieme bos ervaring is.

Jy het ’n goeie kans om hulle op jou aksie-gevulde safaris sien! Wildbesigtigingsritte word twee keer ’n dag – in die oggend en in die middag – onderneem wanneer die wild meer geneig is om aktief te wees. In die oggend sluip die roofdiere rond, opsoek na ’n lekker lêplek vir die dag en in die middag is jou kanse goed om die nagtelike diere van die bos te sien ontwaak.

Bos Wandelinge

By Mateya Safari Lodge vorm hul spoorsnyers en gekwalifiseerde gidse ’n wenner span om jou op ’n onvergeetlike bos wandeling ervaring uit te neem. Stap safaris is ideale geleenthede om die kleiner diere op te spoor en meer te leer oor die flora van die bosveld.

Insekte en ander klein diere word gereeld misgekyk op wildbesigtigingsritte en is daarom die fokus punt van stap safaris. Die kenner gidse en spoorsnyers sal gaste geïnteresseerd hou met hulle persoonlike kennis oor die bos.

Maaltye

Mateya Safari Lodge se maaltye is altyd magies. Heerlike aandetes word onder ’n kombers van sterre bedien. Die toegeweide sjefs by hierdie eksklusiewe lodge streef daarna om elke maaltyd ’n onvergeetlike geleentheid te maak.

Elke dis neem gaste van Mateya Safari Lodge op ’n reis deur Afrika. Maaltye word met slegs die varste produkte van naby geleë plase voorberei. Om jou smaakvolle dis te komplimenteer kan jy ’n goeie wyn uit hul goed ingerigte wynkelder kies.

Gesondheid

Geniet ontspannende skoonheid behandelinge by Mateya Safari Lodge se gesondheidsentrum. Hier is ’n rustige spasie in die bos geskep vir gaste om heen te ontsnap. Gespesialiseerde skoonheidsbehandelinge kan tussen wildbesigtigings geniet word.

Professionele terapeute bied verskeie behandelinge wat slegs met moderne produkte en toerusting gedoen word. Jy kan onder andere gesigsbehandelinge, masserings, refleksiologie, manikure en pedikure geniet.