Familie Tyd in die Natuur - Jou Verblyf
Madikwe Wildreservaat, Noordwes Provinsie

Owner’s House lê langs die Morukuru (Tambotie) bome waarvandaan die lodge sy naam kry.

Jou Kamer

Owner’s House en River House kyk oor die pragtige Marico rivier uit. Dit is ’n kleiner villa wat perfek is vir ’n klein gesin of wittebroodspaartjie. River house het 3 weelderige dubbel en-suite kamers met genoeg plek vir ’n groot familie. Die sitkamer het slaapbanke vir 4 kinders, satelliet TV, Play station, internet en DVD’s.

Al twee villas het vloer tot plafon vensters en glasdeure wat op ’n houtdek oopmaak waar daar geëet of na die wild by die watergat gekyk kan word. Eenkant en privaat maar stapafstand vanaf mekaar. Hierdie twee villas kan apart of as ’n eenheid bespreek word vir ’n groter groep. Farm House het ’n kontemporêre moderne atmosfeer. Dit is perfek vir groot groepe en het 5 suites.

Al 5 suites is met die hoofhuis deur hout paadjies verbind. Daar is ’n privaat sjef, hoofbediende, gids, spoorsnyer en huishoudster. Die villa is omhein met ’n elektriese heining wat die kinders se veiligheid verseker. Die drie weelderige villas se buitelug eet areas en swembaddens bied aan families en ander groepe die beste ruskans ooit.

Lodge Fasiliteite

Die villas het alles wat jy kan nodig hê, vanaf warm drankies, kroegyskaste, ’n foon, kluis, Wi-Fi, lugversorging en ’n terapeut wat jou kan bederf met ’n ontspanne massering.