Familie Tyd in die Natuur - Aktiwiteite
Madikwe Wildreservaat, Noordwes Provinsie

Die volop wild in die Madikwe Wildreservaat waarborg uitstekende wildkyk geleenthede.

Wildkyk

Groot getalle wildsbokke, die Groot 5, wildehonde (’n suksesvolle voortplantings program), verskeie voëlspesies en van die kleiner soogdiere tot by die sku luiperd kan gesien word.

Morukuru dra tot Operasie Phoenix, wat in die laat 1990’s begin is, by. Hierdie suksesvolle projek het wild in die voorheen onvrugbare landbou gebied hervestig. Wildritte is nie op ’n spesifieke tyd nie en word gedoen wanneer dit gaste pas. Kundige Morukuru gidse soek na die wild in hulle natuurlike habitat. ’n Besonderse wildkyk ervaring wag saam met jou persoonlike gids in ’n privaat 4x4 safari voertuig.

Bos Etes

Maaltye word volgens elke gas se wense beplan, maar die waarborg is dat dit wêreldklas sal wees. Elkeen van die villas het wonderlike binnenshuise eet areas sowel as verskeie buitelug opsies. Kies ’n ete op die dek, in die boma of romanties in die bos.

Die sjef sal seker maak dat dit ’n maaltyd is om oor huis toe te skryf. Die kinders se etes is net so belangrik en hulle kan pizza, ’n piekniek en selfs ’n vis braai na ’n visvangekspedisie in die Marico rivier geniet.

Kinder Aktiwiteite

Kinders van alle ouderdomme is welkom by Morukuru en die fokus is op gesellige, vriendelike gesinsaktiwiteite. By aankoms ontvang kinders ’n Morukuru Kidz rugsak met baie pret aktiwiteite binne-in. Hulle leer van spoorsny, bak, kralewerk en kan ’n plakboek maak of bordspeletjies speel. Al die villas het internet toegang, DVD’s, Play Station en satelliet TV.