Stap safari’s by Lalibela Wildreservaat word deur gewapende en professionele gidse begelei om te verseker dat elke persoon veilig voel.
Lalibela Wildreservaat bied jou die geleentheid om onvergeetlike wild te besigtig. ’n Sonsondergang wildbesigtigingsrit sal ’n ware hoogtepunt op jou safari wees. Hierdie rit kom eers nadat die son al gesak het terug en na afloop van die rit kan jy ’n heerlike feesmaal geniet. Na aandete het jy die geleentheid om met ’n drankie om die kampvuur te sit, en met jou gids en ander gaste oor die dag se besigtinge te gesels.
Hieride privaat wildreservaat naby Port Elizabeth is met uitgestrekte Afrika grasvelde geseën en hier kan jy tonele van sebra, kameelperd, vlakvark, rooibok, wildebees, blesbok en verskeie kleiner bokkies geniet. Die gidse en spoorsnyers werk saam om uit te kyk vir tekens van wild deur die diere se spore te volg, mis te lees en na die unieke geluide van die bos te luister. Die 4x4-voertuie is gemaklik, oop-dak en hoog genoeg vir goeie uitsigte en geleenthede vir fotografie - so moenie jou kamera vergeet nie!
Hierdie wandelinge in die wildernis gee jou die geleentheid om unieke diere van naby te aanskou.
Jou gids sal jou ook vermaak deur jou stories oor die bos te vertel wat jy nog nooit van te vore gehoor het nie. Leer oor die mediese gebruike van plante en bome en die geheime gewoontes van sommige van die kleiner soogdiere in die wild – ’n bederf wat nie vanuit die gemak van ’n 4x4-voertuig geniet word nie. Stap safari’s is die perfekte geleentheid om voëls te kyk, omdat jy nader kan kom deur saggies te voet te beweeg.
Lalibela Wildreservaat se ligging maak dat dit ’n ideale wegbreek bestemming is vir families wat saam met kinders toer, asook wat ’n familie safari met die Tuinroete en selfs Kaapstad wil kombineer. Daar is ’n kinderprogram met ’n spesiale wildbesigtigingsvoertuig vir jonger gaste.
Kinders word deur hul eie gids vir korter wildbesigtigingsritte geneem, waartydens sorg geneem word om nie naby aan gevaarlike diere te kom nie. Ander hoogtepunte van die kinderprogram sluit in kunsvlyt, bos vaardighede, Afrika stories, spesiale kindervriendelike kos en kinderoppassers gedurende sekere ure.
Vir ’n unieke en onvergeetlike geleentheid, kies Lalibela Wildreservaat vir jou troue. Jou troudag sal met Afrika inspirasie gevul wees. Elke trou pakket is pas gemaak tot jou voorkeure en sorg word geneem om te verseker dat al jou wense op jou spesiale dag sal waar word. ’n Troue by hierdie privaat wildreservaat naby Port Elizabeth waarborg ’n onvergeetlike ervaring vir jou en jou gaste.
Jy het selfs die opsie om die hele lodge vir jou spesiale trou groep uit te huur. Sodoende kan die bruidspaar en hul spesiale gaste ’n paar eksklusiewe aande by Lalibela Wildreservaat spandeer. Of jy nou buite in die bos, of by die lodge self wil trou, wees gerus dat Lalibela Wildreservaat na al jou behoeftes sal omsien.