Diverse Natuurlike Skoonheid
Lalibela Wildreservaat, Oos-Kaap

Lalibela Wildreservaat, met die oorvloed wild, goeie gasvryheid en verskeie lodge opsies, sal jou volgende gunsteling vakansie bestemming word.

Hoogtepunte

Twee daaglikse 4x4-wildbesigtigingsritte in oop safari voertuie
Oorvloed wild besigtiging soos jagluiperd, hiëna, seekoei, kameelperd, sebra, vlakvark
3 unieke safari lodge opsies om in te bly
Oos-Kaap alternatief tot die Addo Olifant Park
Trou pakkette en kindersafari’s (Mark’s Camp)

Jou Ervaring

Raak weer verlief op die natuur by Lalibela Wildreservaat.

Hierdie privaat reservaat naby Port Elizabeth bestaan uit 9 000 hektar van onaangeraakte wildernis wat deur jou ontdek kan word. Dit is die tuiste van die Groot 5 (leeu, olifant, renoster, buffel & luiperd) asook ander karaktervolle roofdiere soos hiëna, jakkals en rooikatte.

Wildbesigtigingsritte gaan twee keer ’n dag die bos in by Lalibela Wildreservaat. Die rivierbed bied ’n warm wegkruipplek vir ’n paar interessante besigtinge – veral in die aand wanneer die nagtelike diere opsoek is na ’n vinnige peuselhappie…

Lalibela Wildreservaat is maklik bekombaar - slegs een uur van Port Elizabeth af weg. Die reservaat bied hoë gehalte wild (en voëlkyk) geleenthede en is ’n heerlike alternatief op die bekende Addo Olifant Park wat ook in die provinsie geleë is. Die akkommodasie is gesellig ingerig en bied iets vir almal by hierdie privaat wildreservaat naby Port Elizabeth.

Die lodges by Lalibela Wildreservaat is weggesteek in die omliggende bosveld vallei en het daarom ’n intieme gevoel. Hier sal jy heeltemal toegevou wees in die natuur.

Dit maak nie saak watter lodge jy kies nie, jy kan gerus wees met die wete dat jy goed na omgesien sal word by Lalibela Wildreservaat.