Diverse Natuurlike Skoonheid - Jou Verblyf
Lalibela Wildreservaat, Oos-Kaap

Jou akkommodasie keuse hang van jou behoeftes af en jy het ’n keuse tussen Lentaba Safari Lodge, Tree Tops Safari Lodge, en as jy kinders het kan jy gelukkig akkommodeer word by Mark’s Lodge.

Jou kamer

Tree Tops Safari Lodge

En-suite kamers, met seildoek mure en grasdakke, het groot vensters en gee gaste die gevoel dat hulle in die hartjie van die bos is. Elke kamer het ’n privaat stoep waar gaste kan sit en ontspan.
Fasiliteite: Tree Tops Lodge het ’n klein watergat tussen die lodge en die swembad. Olifante is gereelde besoekers aan hierdie watergat en daar is ook ’n plaaslike groep nyala wat elke nou en dan vanaf die kamers, wandelpaaie en besigtigingsdek gesien word.

Lentaba Safari Lodge

Hierdie akkommodasie slaap 20 mense in tien afgesonderde grasdak chalets (5 luuks en 5 klassiek). Die chalets is gebou waar die ongelooflike inheemse tuine in die omliggende bos in smelt. Elke en-suite eenheid het ’n privaat besigtigingsdek waarop jy die meeste kan maak van die uitsigte oor die vallei bosveld. Die kamers by Lentaba is goed versprei en elke kamer het mooi uitsigte oor die vallei.
Fasiliteite: Lentaba het asemrowende vuurmaakplekke en dit gee die tipiese safari atmosfeer waarvoor Lentaba bekend is. Die buitelug boma het ’n ongesteurde uitsig oor ’n watergat wat in die aand belig word. Daar is ook ’n stylvolle binne eetkamer. ’n Laat ontbyt word buite op die besigtigingsdek bedien.

Mark’s Camp

Die klip en grasdak ontwerp van Mark’s Camp word met ontspanne Pan-Afrikaanse dekor gekomplimenteer. Hierdie safari lodge slaap tot 20 gaste in 8 chalets. Elke chalet het ’n en-suite badkamer en ’n dakwaaier vir warmer somer aande. Die chalets maak op ’n privaat besigtigingsdek, met uitsigte oor die omliggende bos, oop.
Fasiliteite: Mark's Camp het twee swembaddens en ’n sentrale ontspanningsarea. Dit het ook ’n buitelug boma vir etes langs die vuur en laat ontbyt in die buitelug. Daar is ook ’n elegante eetkamer. Die kroeg area is op ’n hout stellasie gebou en gaste het ongelooflike uitsigte oor die watergat.