Ongerepte Bosveld Vakansie - Aktiwiteite
Lalibela Wildreservaat, Oos-Kaap

Geleë in ’n 7500 hektar privaat wildreservaat in die Oos-Kaap, Kichaka Luxury Game Lodge is omring met 5 biomes, insluitend vallei bosveld, fynbos, rivierbos, woud en savanna grasvlaktes.

Wildbesigtiging

Ervare veldwagters maak die meeste van elke wildbesigtiging geleentheid om vir gaste onvergelykbare wild besigtigings gedurende hulle daaglikse wildbesigtiginsritte te bied. Daar is twee wildbesigtigignsritte elke dag; een wat vroeg in die oggend uitgaan en ’n ander wat laat in die middag uitgaan sodat gaste ook tyd het om bietjie sterre te kyk. Die reservaat is die tuiste van die Groot Vyf, asook ander troppe wild soos gemsbok, springbok, eland, wildebees and sebra. Daar is ook seekoeie wat gereeld die watergat besoek.

As ’n spesiale bederf kan jy ’n Kosmiese Safari met jou gids reël en die wonder van die hemelruim deur ’n teleskoop ontdek. Kichaka Luxury Game Lodge het min lugbesoedeling en daarom asemrowende aanskouings van die Melkweg en die Suidelike Kruis.

Bos Etes

Kichaka Luxury Game Lodge bied ’n gastronomiese ervaring aan wat liefdevol deur ’n toegeweide sjef voorberei word. Jy sal die geleentheid hê om kontemporêre Suid-Afrikanse disse te proe. Saam met die heerlike kos kan jy hooggehalte wyn geniet – die uitmuntende wynlys los jou met moeilike keuses.

Hierdie luukse safari akkommodasie in die Oos-Kaap se wynlys is saamgestel deur die wynkelder bestuurder en bied ’n verskeidenheid plaaslike, asook ingevoerde wyne aan. Hulle het selfs outentieke Franse sjampanje.

Verwag ’n feesmaal met elke ete! Maaltye word óf in die eetkamer óf in een van die buitelug areas bedien. Jy het ook die keuse om dit in die privaatheid van jou eie suite te geniet. Vir gaste wat dit aanvra, is daar ook 24-uur kamerdiens beskikbaar.

Korporatiewe Fasiliteite

Kichaka Luxury Game Lodge is die ideale korporatewe wegbreek en is perfek vir konferensies, vrystellings, spanbou naweke en selfs eindjaar funksies. Die beeldskone omgewing van die lodge sal verseker die koppe bymekaar bring en die biblioteek en ontspanningasrea is beskikbaar vir strategiese sessies.