Ongerepte Bosveld Vakansie
Lalibela Wildreservaat, Oos-Kaap

Kichaka Luxury Game Lodge bied luukse safari akkommodasie in die Oos-Kaap aan.

Hoogtepunte

Kyk wild in gemak met ’n besigtigingsdek wat oor ’n aktiewe watergat uitkyk
Stylvolle kamers wat ’n privaat besigtigingsdek, plonspoel en Wifi het
Aktiwiteite kan aangepas word om jou individuele smaak, belangstellings en voorkeur te akkommodeer
Smaakvolle Suid-Afrikaanse disse word met die beste wyne vergesel
Wildbesigtigingsritte en begeleide bos wandelinge

Jou Ervaring

’n Besoek aan die Kichaka Luxury Game Lodge sal enige verwagtinge wat jy oor ’n outentieke safari wegbreek het, oortref. Geleë in die malaria-vrye Oos-Kaap, hierdie lodge is die perfekte bestemming vir ’n luukse safari ervaring.

Met aankoms word jy hartlik ontvang deur vriendelike personeel en jy voel sommer dadelik tuis. By hierdie luukse safari akkommodasie in die Oos-Kaap word jy gedurende jou verblyf koninglik hanteer. Die warm gasvryheid en moeite wat ingesit word om jou verblyf so gemaklik as moontlik te maak, maak dit moeilik om weg te gaan wanneer jou vakansie verby is.

Die elegante dekor van die lodge en aandag aan detail waarborg onoortreflike luuksheid. Die suites is mooi opgemaak en het al die geriewe wat jy aan kan dink, wat bydrae tot die algehele gevoel van hierdie luukse safari akkommodasie in die Oos-Kaap.

Kichaka Luxury Game Lodge is die definisie van gesofistikeerde opulensie. Die oorvloed diere en voëls wat jy op jou wildbesigtigingsritte sal sien, gekombineer met eksepsionele kliëntediens, verseker dat jy nooit jou verblyf sal vergeet nie.