Onvergeetlike Luuksheid - Aktiwiteite
Kwandwe Private Game Reserve, Eastern Cape

Wildbesigtigingsritte

Onvergeetlike wild besigtinge is die fokus by Kwandwe Privaat Wildreservaat. Wildbesigtigingsritte gaan twee keer ’n dag in die bos in om die bekende Groot 5 en ander inwoners van die reservaat op te spoor. Wild wat gereeld gesien word sluit in jagluiperd, koedoe, springbok, eland, rooi hartebees, kameelperd, swart wildbees en gemsbok. By hierdie private wildreservaat in die Oos-Kaap Provinsie werk die spoorsnyers en gidse saam om te soek vir die spore van die wild deur hul mis te lees en na die unieke geluide van die bos te luister. Die 4x4-voertuie is gemaklik, oop en hoog gebou sodat jy die heel beste uitsig het en gerieflik foto’s kan neem.

Stap Safari’s

Stap safari’s by Kwandwe Privaat Wildreservaat word deur gewapende en professionele gidse gelei. ’n Wandel in die Afrika wildernis in, laat jou toe om die diere vanuit ’n unieke perspektief te ervaar.  Op 4x4-voertuie word die klein diere en insekte van die bos gereeld oorgekyk, maar ’n stap safari laat jou toe om die bos met al jou sintuie te ervaar en meer te leer oor die habitat. Jou gids sal jou stories, mites en medisinale gebruike van die plante vertel. Stap safari’s is ook die perfekte geleentheid vir voëlkyk, omdat die geraas van die kar nie die voëls verskrik nie. Die stap neem omtrent 3 tot 4 ure en kinders onder die ouderdom van 16-jaar word nie toegelaat nie. 

Gespesialiseerde Safari’s

Kwandwe Privaat Wildreservaat bied gespesialiseerde safari ervaringe aan wat aangepas kan word volgens jou belangstelling. Die fotografiese safari word aangepas om die vaardigheidsvlak van die groep in ag te neem. ’n Ervare fotografiese gids gaan saam op die ekspedisie en sal jou meer leer oor die regte kamera-stellings en lense en jou daarna prakties help.

Gaste van Kwandwe Privaat Wildreservaat het die opsie om op ’n privaat safari te gaan. Verskillende privaat safari’s word aangebied. Daar is ’n gespesialiseerde renoster konservasie rit, ’n visvang safari en voëlkyk ervaring, asook ’n private stap safari.

Visvang

Visvang entoesiaste by Kwandwe Privaat Wildreservaat kan lyn natmaak op die bed van die Visrivier of die reservaat se grootste dam. ’n Gunsteling is om die grootbekbaars te probeer vang. Neem asseblief kennis dat alle visvang op ’n vang en laat gaan basis gedoen word. Gidse sal bystaan en die nodige hulp verleen. Dit is ’n wonderlike aktiwiteit vir die hele familie.

Spa Behandelinge

Rustigheid en onvergeetlike luuksheid word eerste geag by hierdie wildreservaat in die Oos-Kaap. Kwandwe Privaat Wildreservaat het opgeleide masseringsterapeute wat jou by die spa kan pamperlang, veral na ’n lang dag buite in die bosveld.