Onvergeetlike Luuksheid
Kwandwe Private Game Reserve, Eastern Cape

Kwandwe Privaat Wildreservaat is die tuiste van vyf Suid-Afrikaanse safari lodges, elk met sy unieke hoogtepunte en verskillende fasiliteite.

Hoogtepunte

Gespesialiseerde safari’s beskikbaar – verpersoonlike  en private safari’s op aanvraag
Wild-ryke omgewing met groot wild stap safari’s
Visvang in die Groot-Visrivier en plaaslike dam. Kom toets jou hengel vaardighede!
Interaktiewe bos wandelinge met ervare spoorsnyers en gidse
Private spa met masseringsterapie – goeie opsie vir wittebroodreisigers en paartjies

Jou Ervaring

Kom vervul jou lus vir avontuur by Kwandwe Privaat Wildreservaat. Die reservaat bestaan uit 22 000 hektaar onaangeraakte wildernis wat wag om deur jou ontdek te word.

Dit gaan beide noord en suid van die Groot-Visrivier wat deur die reservaat sy pad vind. Die reservaat is al bekend vir ’n paar interessante besigtinge, veral in die aand wanneer die nagtelike diere opsoek is na ’n peuselhappie. As daar enige iets is wat jy nie van jou lysie in die Kruger kon afmerk nie, dan is dit hier jou geleentheid.

Akkommodasie word aangebied in vyf intieme en prys-wenner lodges. Daar is twee alleen-gebruik villas beskikbaar. Hulle kom ingesluit met ’n spoorsnyer en gids, sjef, huishoudster en eksklusiewe gebruik van ’n oop 4x4-safari-voertuig.

Elke lodge bied iets uniek aan. Die lodge wat jou die beste pas, sal afhang van waarna jy opsoek is en met wie jy reis. 

Die aanloklikheid van Kwande Privaat Wildreservaat is die asemrowende natuurskoon en die hope aktiwiteite op aanbod. Van wildbesigtigingsritte, stap safari’s en voëlkyk na fotografie, kook en visvang met vrywilligheidswerk en privaat masserings tussenin, Kwandwe Privaat Wildreservaat het dit alles. Die reservaat is die perfekte toevoeg tot ’n vakansie in die Kaap of Tuinroete.

Ma’s en pa’s neem kennis: sommige van die lodges is kindervriendelik, met gespesialiseerde aktiwiteite vir die jongklomp en ’n Eko-nekteer program beskikbaar.