Rustige Wegbreek - Aktiwiteite
Kruger Nasionale Park

By die Singita Sweni Lodge is wildritte gemaklik, insiggewend, inspirerend en onvergeetlik.

Wildritte

Gidse en spoorsnyers is befaamd vir hulle kennis, sensitiwiteit vir die omgewing en kommunikasievermoë. Daar is ’n maksimum van 6 gaste op elke Land Rover om te verseker dat gaste genoeg spasie het en ononderbroke uitsigte kan geniet. Wildritte op hierdie Krugerwildtuin-safari by die verblyfplek vind in die oggend en laatmiddag-vroegaand plaas, wat ’n nagrit insluit waar daar met ’n kollig na nagdiere gesoek word.

Gedurende die oggend-wildrit, word daar gestop vir ’n koppie tee of koffie en ’n ligte versnapering in die bos. Gedurende die laatmiddag-vroegaand rit is daar ’n stop om die sonsondergang te bewonder met ’n drankie in die hand en versnaperinge. Singita Sweni Lodge is in ’n puik omgewing geleë en gaste kan verwag om die Groot 5 asook algemene wild en baie voëls te sien.

Die safari-aktiwiteite word gelei deur kundige gidse wat gaste kan inlig oor dieregedrag, voëls kan identifiseer en interessante feite oor die bome en plante kan verskaf. Gaan op ’n opwindende stapsafari of bergfietsroete saam met ’n ervare veldwagter en beleef so ’n meer intieme ontmoeting met die natuur en wildlewe.

Daar is ook 'n boogskiet baan indien gaste hulle vaardigheid met ’n pyl en boog wil toets. Geniet ’n besoek aan die Lebombo dorp waar 'n kunsgalery, gimnasium en gesondheidsspa is. Die wynboetiek bied ’n verskeidenheid Suid-Afrikaanse wyne om van te kies. Daar is ook ’n eksklusiewe reeks modieuse bos klere, juweliersware, Afrika-artefakte en basiese benodigdhede soos batterye te koop.