Rustieke Safari
Kruger Nasionale Park

Verwag lewenslange herinneringe en uitsonderlike wildbesigtigings met ’n wegbreek na Shishangeni Private Lodge in die Nasionale Krugerwildtuin.

Hoogtepunte

Ideaal vir groepe met akkommodasie beskikbaar in 22 tweebed chalets
Families met kinders is welkom
Uitstekende wildbesigtiging in die gewilde suide van die Nasionale Krugerwildtuin

Jou Ervaring

Shishangeni Private Lodge se ligging in die suidelike deel van die Kruger Nasionale Park maak dit ’n besonderse besoek vir gaste wat naby aan die aksie wil wees - en met so ’n hoë konsentrasie wild kan dit nie anders nie! By hierdie verblyf is alle gaste welkom: van enkellopende gaste tot korporatiewe groepe, wittebrood paartjies en gesinne.

Die grootte en besondersheid van die eiendom is indrukwekkend vanaf die oomblik wat jy aankom. Niks is oormatig nie, maar jy kry dadelik 'n gevoel van luuksheid. Die dubbele volume grasdak ontvangsarea met sy gepoleerde klipvloere plaas jou in die regte gemoedstoestand. ’n Gevoel van ruimte en rus omring deur die ongerepte Krugerwildtuin, word geskep.

Wildbesigtiging in die Mpanamana konsessie waar die kamp geleë is, is bo verwagting en sal beslis ’n blywende indruk laat. ’n Oorvloed wild sal uitgewys word deur professionele veldwagters en spoorsnyers op wildritte. Shishangeni Private Lodge het ook konferensiegeriewe, ’n biblioteek, spa, gimnasium en swembad. Kinders van alle ouderdomme is welkom.