Poort na Kruger - Aktiwiteite
Kruger Nasionale Park

Neem deel aan ’n geleide wildbesigtigingsrit in ’n oop 4x4-safari-voertuig. Jou gids en spoorsnyer sal jou die geheime wêreld van jou gunsteling Afrika dier uitwys.

Wild Besigtiging

Die safari ritte vanaf Kruger Gate Hotel is goed georganiseer en bied gaste die geleentheid om sebras, kameelperde, vlakvarke, olifante, bobbejane, krokodille, seekoeie, leeus, wilde honde, hiëna en renoster te sien.

Laatmiddag wildbesigtigingsritte hou tot na donker aan en die gidse gebruik ’n gespesialiseerde filtreerde-soeklig om die nagtelike diere vir jou uit te wys.

Dag Ekskursies

Tydens jou verblyf by hierdie hotel in die Kruger Nasionale Park kan jy uitgaan en die omliggende area ontdek. Neem die Panorama roete en besoek Pilgrimsrus, die Blyderivier-kloof, God’s Window en die Drie Rondavels.

Jy kan ook ’n besoek Perry’s Bridge Reptiel Park aflê, op pad na die nabygeleë dorpie van Hazyview. Maak ’n draai by die Elephant Whispers tuiste vir geredde Afrika olifante.

Maaltye

Gaste kan ’n buffet-styl ontbyt of die a la carte middagete by die restaurant geniet. Die kos is tradisionele Suid-Afrikaanse disse wat met ’n internasionale invloed bedien word op die buite platvorm.

Aandete word bedien onder die sterre by die lapa restaurant. Die lapa bied ’n smullekker reeks buffet geregte aan, insluitende verskeie wildvleispotjies- en geregte.

Gholf

Tydens jou verblyf by Kruger Gate Hotel kan jy ’n rondte gholf by Skukuza Gholf Klub gaan speel. Hierdie 9-gat baan is in die Kruger Nasionale Park, op die buitewyke van Skukuza Restcamp geleë. Aangesien die omliggende area ryk is aan wild en die baan die tuiste is van ’n verskeidenheid diere, beloof dit om ’n unieke gholf ervaring te wees.