Paradys Langs die Rivier - Aktiwiteite
Kruger Nasionale Park

Wildbesigtigings by Lion Sands Narina Lodge in die Nasionale Krugerwildtuin is vergelykbaar met van die beste in die wêreld. 

Wildbesigtigings

Hierdie gebied in die suide van die Kruger Nasionale Park is bekend vir uitstekende wildbesigtigings en die Groot 5 en veral luiperds word gereeld gesien. Wildritte word twee keer per dag in oop Land Rovers saam met ’n professionele gids aangebied.

Gedurende die laatmiddag rit is daar ’n stop om die sonsondergang te bewonder met ’n drankie in die hand en ligte versnaperinge. Elke oggend na ontbyt het gaste ook die geleentheid om op ’n opwindende stapsafari in die bos saam met ’n gewapende veldwagter te gaan.