Authentieke Bos Atmosfeer
Kruger Nasionale Park

Rhino Post Safari Lodge is die perfekte keuse vir ’n egte safari in die Kruger Nasionale Park met twee wildritte per dag en uitstekende voëlkyk geleenthede.

Hoogtepunte

Privaat spa behandelings 
Vroegoggend en laatmiddag wildrit 
Privaat wynkelder en wynproe 
Slaap onder die sterre in die bos 
Wildkyk dek

Jou Ervaring

Rhino Post Safari Lodge is in ’n privaat konsessie in die Kruger Nasionale Park in Suid Afrika geleë. Die oopplan suites van seil, klip en hout is op stellasies gebou om gaste ’n skouspelagtige uitsig op die Mutlumuvi rivierbedding te gee.

Hierdie Suid Afrikaanse safari akkommodasie in die Kruger Nasionale Park deel ’n grens met die Mala Mala en Sabi Sand Wildreservate. Die wild beweeg onbelemmerd tussen hierdie drie gebiede en dit verseker ’n besonderse wildkyk ervaring. Hierdie Lodge bied ’n vroegoggend wildrit asook ’n laatmiddag/vroegaand wildrit saam met kundige spoorsnyer gidse.

Die meer avontuurlustige gaste kan verkies om saans in die bos onder die sterre te slaap wat ’n unieke ervaring is met al die nagdiere en geluide.

Jy kan jou vrye tyd op die wildkyk dek met ’n verkyker vir ’n besonderse voëlkyk ervaring deurbring of ’n massering in die privaatheid van jou kamer geniet.

Wyn entoesiaste kan die beste plaaslike wyne uitkies om by die smaaklike etes te pas.