Authentieke Bos Atmosfeer - Aktiwiteite
Kruger Nasionale Park

Rhino Post Safari Lodge is in ’n privaat konsessie in die Kruger Nasionale Park en deel ’n grens met die Mala Mala en Sabi Sand Wildreservate wat ’n uitstekende wildkyk ervaring verseker.

Wildkyk

As gevolg van 'n “tread gently” beleid om die konsessiegebied te bewaar word daar slegs op die paaie gery. Rhino Post Lodge het egter die eksklusiewe gebruik van sommige van die Kruger Nasionale Park se privaat paaie wat snags gery mag word.

Elke oggend en laatmiddag/vroegaand is daar ’n wildrit saam met ’n professionele gids in ’n oop safarivoertuig.

Die vroegaand wildrit begin met ’n drankie in die hand terwyl die sonsondergang bewonder word waarna die opwindende nagrit om die Kruger Nasionale Park se nagdiere te soek begin.

Voëlkyk

Daar is meer as 517 voëlspesies in die gebied - dis ’n ware voëlparadys. Jy kan jou vrye tyd op die wildkyk dek met ’n verkyker vir ’n besonderse voëlkyk ervaring deurbring en die ervare gidse deel graag hulle uitgebreide kennis van hierdie pragtige geveerdes.

Bos-slaap

Hierdie bos-slaap is ’n unieke ongeëwenaarde ervaring in die hart van die Kruger Nasionale Park. Jou gids sal jou na die laatmiddag wildrit na die bos-slaap dek toe bring waar jy die aand onder die sterre gaan deurbring.

Terwyl jy rustig sit en uitkyk oor die watergat met ’n skemerkelkie in die hand sal die gids ’n tradisionele Suid Afrikaanse braai voorberei. Die hoogtepunt van hierdie avontuur is die stilte van die bosveld met slegs die geluide van die nagdiere as geselskap.

Gholf

Rhino Post Safari Lodge is ’n entjie vanaf die 9 putjie gholfbaan in Skukuza. Die gholfbaan is nie omhein nie en die wild wat daar rondloop terwyl jy gholf speel maak dit ’n onvergeetlike ervaring.

Kinderbeleid

Kinders van alle ouderdomme is welkom by Rhino Post Safari Lodge. ’n Baba wiegie kan ook gereël word. Kinders onder die ouderdom van 6 jaar oud word slegs op die wildritte toegelaat as daar ’n ekstra voertuig is of as ’n privaat safarivoertuig vir die familie se eksklusiewe gebruik bespreek is.

Ongelukkig word kinders onder die ouderdom van 12 jaar oud nie by die bos-slaap dekke toegelaat nie.