Klassifikasie en Verpakking van Eiers

© Chris Daly
Cleaning eggs.

Om verbruikers te beskerm en miskommunikasie te voorkom, moet produsente aan regulasie nommerr 725 wat ingevolge die Wet op Landbouprodukstandaarde, Wet 119 van 1990 geadministreer word, voldoen as hulle eiers wil verkoop.

Korrekte Grootte

©Chris Daly
Dit beteken: Eiers van verskillende groottes mag nie saam in dieselfde houer verpak word nie. Dit moet ook apart uitgestal word as dit los verkoop word.
Die volgende gewig word gebruik om die grootte van ’n eier aan te dui:
  • ’n Super Jumbo eier moet meer as 72g weeg
  • ’n Jumbo eier moet meer as 66 g
  • ’n Extra Large eier moet meer as 59g weeg
  • ’n Large eier moet meer as 51g weeg
  • ’n Medium eier moet meer as 43g weeg
  • ’n Small eier moet meer as 33g weeg
  • Verskillende groottes moet meer as 33g weeg en moet duidelik as verskillende groottes gemerk word, selfs wanneer hulle apart verkoop word. Dit moet gedoen word om verwarring te vermy.

Graad 1/Graad A

Die eierwit moet dik wees en die eier moet ’n ronde, goed gesentreerde eiergeel hê. Die lugsel moet klein wees met ’n maksimum diepte van 6mm en minder as 6mm in enige rigting beweeg wanneer die eier vertikaal gekantel word.
Die eier moet vry van vleisvlekke wees en die dop moet skoon wees, nie gekraak nie en sterk wees. Die eierwitte moet ’n Huagh waarde van minstens 55 eenhede hê. (Hierdie waarde meet die proteïen gehalte van ’n eier, gebaseer op die fermheid van die eierwit. Vars en hoër kwaliteit eiers het dikker witte as eiers van swakker kwaliteit.)

Graad 2/Graad B

Graad 3/Graad C

Hierdie eiers word nie in winkels verkoop nie. Die eiergeel is plat en soms langwerpig gevorm, terwyl die wit dun en waterig is. Die dop kan miskien gekraak of verkleur wees.

Verpakking en Bemarking

©Chris Daly
Eierverpakking moet nie enige smaak hê of reuk afgee nie. Dit moet sterk, ongebroke en goed toegemaak wees om die eiers te beskerm tydens normale hantering en vervoer. Dit moet nie oormatige vog tydens afkoeling absorbeer nie en dit moet behoorlik skoongemaak word. Die vorige etikette moet verwyder word indien die houer herwin word.
Geskikte verpakking sluit eenvoudige mandjies vir kortafstandvervoer en eierversameling in, vulbakke en polistireenpakkette. Los eiers, skuur eiers en gepasteuriseerde eiers moet voldoen aan die voorgeskrewe regulasies en as sodanig gemerk word. Die volgende inligting moet op die etiket wees:
  • Die naam van die produk
  • Die naam van die maatskappy (handelsnaam)
  • Besonderhede van die pakker
  • Die vervaldatum
  • Die getal eiers
  • Handel Metrologie
  • Grootte
  • Land van Oorsprong

Translated by Nina Joubert