Onvergeetlike Wildkyk - Jou Verblyf
Klaserie, Groter Kruger

Van die aktiwiteite tot die akkommodasie en fasiliteite, regdeur is die atmosfeer eg sonder om pretensieus te wees.

Jou Kamer

Chalets

Africa on Foot se chalets kom standaard met grasdakke, en-suite badkamers, muskietnette, rakke vir jou klere, bedtafel, sonkraglampies en waaiers. Twee van die chalets is familie eenhede. Neem kennis dat Africa on Foot van sonkrag gebruik maak om die kamp natuurlik en eko-vriendelik te hou. Die krag word tussen 12:00 en 16:00 afgeskakel, so alle items wat herlaai moet word, moet voor hierdie periodes gedoen word. Die water word met gas verhit.

Die Boomhuis

Probeer ’n boomhuis uit-slaap. Een aand tydens jou besoek aan Africa on Foot Camp kan jy in die boomhuis oornag. Die boomhuis is ’n paar honderd meter weg gebou. Dit is ’n houtstruktuur hoog tussen die bome, met ’n wildbesigtigingsplatvorm, buitelug stort en ’n bed met ’n ongelooflike uitsig.